Sloweens slovenski jezik, slovenščina | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [slɔˈʋèːnski ˈjɛ̀ːzik], [slɔˈʋèːnʃt͡ʃina] | |
Gepraat in: | Slowenië Oostenryk Italië Hongarye Kroasië | |
Gebied: | Sentraal-Europa | |
Totale sprekers: | 2,1 miljoen[1] | |
Rang: | 178 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Suid-Slawies Suidwes-Slawies Sloweens | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Europese Unie Slowenië Friuli-Venezia Giulia Karinthië Stiermarke | |
Gereguleer deur: | Sloweense Akademie vir Wetenskap en Kuns | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | sl | |
ISO 639-2: | slv | |
ISO 639-3: | slv | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sloweens (slovenski jezik [slɔˈʋèːnski ˈjɛ̀ːzik] of slovenščina [slɔˈʋèːnʃt͡ʃina]) is 'n taal wat tot die Slawiese tale behoort. Binne die Slawiese tale vorm dit met Kroaties, Bosnies, Serwies, Macedonies en Bulgaars die Suid-Slawiese taalgroep. Daarnaas toon Sloweens ook bepaalde verhoudings met die Wes-Slawiese tale Slowaaks en Tsjeggies.[2] Die suidelike Wes-Slawiese volke (Tsjegge, Slowake en Slowene) is in die 9de eeu deur die Hongare se vestiging in die Pannoniese Laagvlakte van mekaar geskei.
Sloweens is die amptelike taal van Slowenië. Sedert 1 Mei 2004 is Sloweens een van die amptelike tale van die Europese Unie. Daarbenewens vorm Sloweens saam met Duits die amptelike tale van die Oostenrykse deelstate Karinthië en Stiermarke asook saam met Friulaans en Italiaans van die Italiaanse outonome streek Friuli-Venezia Giulia. Die aantal sprekers bedra sowat 2,1 miljoen mense, naamlik ongeveer 1,75 miljoen outochtone (inheemse) Slowene in Slowenië, Oostenryk, Italië en Hongarye en omtrent 350 000 immigrante in onder meer die Verenigde State, Argentinië, Kanada, Australië en Wes-Europa.